SA Staatsdienskommissie bekommerd oor gebrekkige verslagdoening

In die buurland is die Staatsdienskommissie bekommerd oor gebrekkige verslagdoening weens die gevolge-bestuursbenadering wat die Nasionale Tesourie aanvaar het oor departemente en provinsies wat herhaaldelik nie betalings doen nie. Die kommer is vervat in die kommissie se “Pols van die Staatsdiens”-bulletin vir die tweede kwartaal. Die Nasionale Tesourie het ‘n jaarlikse verslag vrygestel oor verskaffers se fakture wat nie binne 30 dae betaal word nie. Die kommissaris, Michael Seloane, sê die uitreiking van ‘n opdragnota waarborg nie nakoming nie.