SA-spanne vaar beter in Verenigde Kampioenskap-wedstryde

Rugby: Nadat hulle teen rustyd 16-3 agter was, het die Bulls gisteraand die tweede helfte van hul Verenigde Kampioenskap-wedstryd teen Cardiff, oorheers. Hulle het eindelik met 29-19 gewen. Die Springbok losskakel Johan Goosen is in die eerste helfte met ‘n kniebesering van die veld af gehelp. Die wedstryd tussen die Stormers en Edinburgh in Skotland het gelykop geëindig met 20-elk. Vroeër het die Glasgow Warriors die Lions in nat toestande met 13-9 geklop. Vrydagaand het die Sharks die Ospreys met 27-13 in Wallis afgeransel.