SA se vierde vlaag korter, minder ernstig

Daar is bewyse dat die vierde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika, aangedryf deur die Omikron-variant, korter en minder ernstig as die vorige drie is. Data wys oormaat-sterftes in die land het teen die einde van verlede maand die eerste keer in drie weke afgeneem. Die Mediese Navorsingsraad sê in ‘n verslag die oormaat-sterftes het teen 26 Desember op 3 016 te staan gekom, teenoor 3 087 die vorige week. Volgens die raad is dieselfde afwaartse neiging sigbaar in die hoeveelheid bevestigde Covid-19-sterftes. In Namibië wipplank die positiewe koers ook maar die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula sê die gevalle kan moontlik van nou af begin toeneem, veral na die vakansietydperk.