SA se suikerbedryf wek kommer

‘n Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom het kommer uitgespreek oor die uitdagings in die suikerbedryf. Thabile Nkujana van die Nasionale Landbou-bemarkingsraad sê hoë plaaslike produksiekoste, infrastruktuur wat agteruitgaan en suikerheffings is die hoof-redes vir die agteruitgang in die sektor. Hy sê die geleidelike afname weens lae binnelandse produksie, stygende produksiekoste en die styging in invoere van goedkoop suiker, bedreig die sektor se toekomstige groei. Nkunjana sê die kort-termyn vrystelling van suikerbelasting help boere wat sukkel met stygende produksiekoste en brandstofuitgawes.