SA se studente hulpfonds doen vandag verslag oor stand van sake
Die buurland se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se uitvoerende bestuur gee vandag in Pretoria ‘n bywerking van die skema se huidige stand van sake. Die raad se voorsitter, Ernest Khosa, sal inligting deurgee oor die skema se nuwe betalingsmetode van toelaes, studente wat nie verdien om die toelaag te ontvang nie, en die vereenvoudiging van studenteverblyf. Die skema sê hy het besluite oor aansoeke wat vir hierdie akademiese jaar ontvang is, afgehandel. Hy voeg by hy gaan voort om toelaes te betaal aan studente wie se befondsing volgens die nuwe direkte betalingsmetode goedgekeur is.