SA sê sprinkane kom oor van Namibiese grens

Dit wil voorkom asof Namibië die skuld kry vir die sprinkane in die Noord-Kaap. Die provinsie se departement van landbou het kennis geneem van oproepe van inwoners oor die oplewing van die vlieënde bruin sprinkaanplaag in verskeie gebiede. Woordvoerder Zandisile Luphahla sê dit is die gevolg van sogenaamde hoppers wat ‘n vlieënde stadium bereik het. Hy sê daar was ’n onbeheerbare toestroming van swerms wat die grense van Namibië oorgesteek het: