SA se sekerheidsituasie is skokkend

Cope sê die sekerheidsituasie in Suid-Afrika is in ‘n skokkende toestand met misdaad wat steeds daagliks inwoners raak. Die woordvoerder Dennis Bloem sê as die adjunk provinsiale Polisiekommissaris van Gauteng onder ‘n gewapende roof deurloop, en polisielede word amper daagliks vermoor, is dit ‘n duidelike teken die land is op die pad na ‘n mislukte staat. Bloem voeg by wanneer die pilare van sekerheid verswak word, neem misdadigers die beheer van ‘n land oor: