SA se plaaslike owerhede vertoon effe beter

Die Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal Tsakani Maluleke sê daar is op provinsiale en nasionale vlak ‘n geleidelike toename in skoon oudits. Daar is egter steeds tekortkominge in finansiële en prestasiebestuur. Sy het gister die algemene en wesenlike 2021/2022-verslae oor onreëlmatighede bekend gemaak. Die Wes-Kaapse departemente van Gesondheid en Vervoer en Openbare Werke, en die KwaZulu-Natalse Departement van Menslike Nedersettings het skoon oudits ontvang. Maluleke sê diensleweringsportefeuljes is verantwoordelik vir meer as 30 persent van die bestedingsbegroting, maar het deurlopend die swakste oudit-uitslae: