SA se middeltermynbegroting Donderdag voorgelê

Die nuwe Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan die middeltermynbegroting Donderdag in die parlement voorlê te midde van die swakste ekonomiese aanwysers in dekades. Die begroting gee die toon aan vir die land se fiskale beleid en die regering se voorkeur-uitgawes vir die volgende drie jaar. Azar Jammine van Econometrix sê omstrede kwessies soos ekonomiese beperkings en die hoë werkloosheidsyfer sal in die kollig wees.