SA se medalje-oes ver agter Statebondspele 2018

Statebondspele: Suid-Afrika is steeds ver agter 2018 se medalje-telling met vanjaar se geleentheid wat oor drie dae eindig. Span Suid-Afrika het vier jaar gelede aan die Australiese Gouekus 37 medaljes ingepalm – 13 goud, elf silwer en 13 brons, en in die algehele sesde plek geëindig. Die land het vanjaar tot dusver slegs 22 medaljes – sewe goud, sewe silwer en agt brons, wat die span in die sesde plek laat. Australië was in 2018 as gasheer bo-aan die lys met 198 medaljes, insluitend 80 goues, terwyl die land nou voorloop met 50 goue medaljes uit 133.