SA se jeug het gulde geleentheid vir beleggings
Die komende Empowa Entrepreneurs Township-beraad in die buurland hoop om jongmense ‘n geleentheid te bied om hul idees regstreeks met beleggers te deel. Die beraad sal tydens die Wêreld Entrepreneurs-week tussen die 13de en die 19de van hierdie maand plaasvind. Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmag-opname het getoon dat byna 250 000 jongmense hul werk verloor het in die eerste kwartaal van vanjaar. Die hoof van Empowa Entrepreneurs, Zazini Moyo, sê baie jongmense het wonderlike idees, maar befondsing, én om befondsers te bereik, bly ‘n uitdaging: