SA se COP-ooreenkoms verwelkom

Agri SA verwelkom President Cyri Ramaphosa se aankondiging by die COP26-klimaat-onderhandelings in Glasgow dat Suid-Afrika ‘n multi-miljard dollar ooreenkoms met ontwikkelde lande bereik het. Die landbou-organisasie sê dit is noodsaaklik vir die land om sy hoë gasvrystellings te beperk en sy afhanklikheid van steenkool te verminder. Die hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, Janse Rabie, sê die ooreenkom behels ‘n vennootskap waardeur Suid-Afrika hulp kry om weg te beweeg van sy afhanklikheid van steenkool-gedrewe kragopwekking: