SA se boere-getalle neem af

Dit maak ‘n wesenlike verskil aan enige landboubedryf en die ekonomie wanneer verbruikers, veral in moeilike tye, plaaslike produkte koop. Dis die mening van die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Dawie Maree na aanleiding van ‘n verslag van die buurland se Mededingingskommissie wat daarop dui dat die getal boere in die buurland afneem. Hierdie neiging is veral opmerklik sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie wat kleiner boere die swaarste getref het. Maree sê stygende kostes oor die afgelope paar maande het beide kommersiële en kleinskaalse boere geraak. Hy sê wanneer brandstof byvoorbeeld duurder raak, styg die pryse ook van alles wat vervoer moet word:

Maree sê wanneer ‘n boer die tuig neerlê, word produksie nie altyd geraak nie: