SA repokoers onveranderd met ekonomie wat eers moet herstel

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het gesê die ekonomie moet ondersteun word omdat dit nog steeds sukkel om van die Covid-pandemie se uitwerking te herstel. Daarom het die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy terugkoopkoers onveranderd op 3,5 persent gelaat. Die voorgestelde rentekoers-roete van die kwartaallikse projeksiemodel dui op ‘n toename van 25 basispunte in die vierde kwartaal van 2021 en in elk van 2022 se kwartale. Die bank se president sê inflasie is redelik onder beheer.