SA regering moet help met hulppakket vir toerisme

Die Kaapstadse Internasionale Lughawe het in 2020 ondanks uitdagende omstandighede 9,5 miljard rand se vrag uitgevoer. ‘n DA-lid van die wetgewer, Deidré Baartman, sê dis te danke aan die pogings van die Kaapstadse Lugvervoer-program, ondersteun deur die Wes-Kaapse regering. Sy sê met die reisverbod wat nou weer geld, is die provinsie se grootste markte nou weer onbereikbaar. Baartman meen verligting moet gevind word, anders gaan baie van die harde werk ongedaan gemaak word.