SA regering bring hulde aan radioman Mark Pilgrim

Die Suid-Afrikaanse regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsel sê die radioman Mark Pilgrim het ‘n onuitwisbare indruk op die uitsaaibedryf gelaat. Die 53-jarige veteraan-mediapersoonlikheid is Sondagoggend dood ná ‘n lang stryd teen fase vier-longkanker. Die waarnemende direkteur-generaal van die GCIS, Nomonde Mnukwa, sê Pilgrim was ‘n baie geliefde Suid-Afrikaanse persoonlikheid wat ‘n dapper stryd teen kanker gevoer en in die proses baie mense geïnspireer het.