SA rand versterk teen Amerikaanse dollar

Die Suid-Afrikaanse rand is die sterkste in meer as vier maande teenoor die Amerikaanse dollar nadat goeie nuus oor China se inperkings en inflasiekoerse in Europa uitgereik is. Die nuus het die dollar teenoor talle geld-eenhede laat verswak, veral dié van lande soos Suid-Afrika en Australië. Die dollar was reeds onder druk van beleggers wat meer optimisties begin raak het oor die vooruitsig dat China sy streng Covid-regulasies gaan verslap. Die swak dollar het ook die goudprys laat styg. Bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die wisselkoers.