SA prokureur steel glo geld van padongeluk-beseerdes

‘n Voormalige prokureur wat daarvan aangekla word dat sy 700 000 Suid-Afrikaanse rand gesteel het wat aan ses beseerde Padongelukkefonds-eisers behoort, se verhoor sal in Junie by die Rustenburgse streekhof plaasvind. Betty Diale, wat ook die voormalige Noordwes-voorsitter van die EFF is, staan tereg op ses aanklagte van diefstal. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die Getrouheidsfonds, ‘n liggaam wat toesig hou oor die gedrag van prokureurs, het verskeie klagtes van die eisers ontvang nadat hul eisgeld in Diale se trustrekening inbetaal is.