SA: Privaatsektor se elektrisiteit kan beurtkrag verminder

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede sê ‘n voorlegging is aan die departement van minerale hulpbronne en energie gedoen met ‘n versoek vir ‘n verhoging in die hoeveelheid krag wat deur klein privaat- kragopwekkingsaanlegte opgewek mag word. Sulke aanlegte by geboue of privaateiendomme kan groter energiesekerheid aan stede en munisipaliteite bied. David Maynier sê dit is belangrik want sulke privaatsektorbeleggings in die verskaffing van elektrisiteit kan beurtkrag verminder.