SA Polisievakbond beweer BBP-beskermingseenheid word uitgebuit

Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond beweer die polisie se BBP-beskermingseenheid word uitgebuit. ʼn Woordvoerder van Sapu, Lesiba Thobakgale sê die vakbond is besorg oor onbetaalde oortyd en reistoelae. Volgens Thobakgale word skande by skade gevoeg, want hulle lede beskerm politici wat nie eens probeer ingryp nie.