SA polisieminister sê baie geld in misdaadbekamping in Wes-Kaap, KwaZulu-Natal belê

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê sy departement het meer geld belê om misdaad in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal te bekamp. Hy het die inwoners van Mitchells Plain toegespreek tydens die polisie-imbiza waar misdaadkwessies bespreek is. Cele sê gerugte dat die regering nie omsien na mense in die Wes-Kaap nie, is ‘n leuen. Hy sê polisiekameras in sommige gemeenskappe is buite werking, wat tot die dood van ‘n polisielid in Khayelitsha gelei het.