SA Polisiediens: 29 lede skuldig bevind

Die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat het onthul daar is in die vorige boekjaar elf lede ontslaan weens ernstige oortredings. Hul misdade sluit onder meer verkragting en korrupsie in. Die direktoraat het sy verslag vir die 2020-2021-boekjaar bekend gemaak. Dit bevat inligting oor die skuldigbevinding van 29 polisielede ná ondersoeke deur die direktoraat. Een van hulle is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Daar is byna 2 500 ondersoeke voltooi, waarvan sowat 70 persent aanrandingsake is.