SA polisiebeampte gewond tydens operasie teen renosterstropery

‘n Suid-Afrikaanse polisiebeampte is beseer en na die hospitaal gehaas nadat die polisie ‘n wenk opgevolg het dat verdagtes renosters naby Vredefort in die Vrystaat wil stroop. ‘n Voertuig wat aan die beskrywing voldoen, is opgemerk en voorgekeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê twee verdagtes van 37 en 39 jaar is vasgetrek nadat hulle verbind is met ‘n sameswering om die diere te stroop.