SA: petrol op, diesel af

Suid-Afrikaners sal ook vanaf môre duurder vir petrol betaal, nes Namibiërs. Die buurland se departement van minerale bronne en energie het die petrolprysstygings wat vanaf middernag vandag geld bekend gemaak. Die prys van beide 93 en 95 loodvrye petrol styg met 4 sent per liter, maar die prys van diesel daal met ongeveer 15 sent per liter. Die Sentrale Energiefonds en die Automobiel Assosiasie het albei ‘n daling in die petrolprys verwag, maar die departement sê ‘n balansfondsheffing van 8,78 sent per liter het die prys beïnvloed.