SA paspoort-stelsel gaan gedigitaliseer word

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het vandag nuwe maatreëls aangekondig om die land se paspoort-stelsel te digitaliseer en te verbeter. Minister Aaron Motsoaledi sê weens wyd-verspreide korrupsie is die Suid-Afrikaanse paspoort die afgelope paar maande om al die verkeerde redes in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.