SA-parlement verwerp Sunday Times berig

Die Suid-Afrikaanse parlement sê geen huurkoste is nog bepaal om die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum of enige ander moontlike lokale vir sittings van die Nasionale Vergadering te gebruik nie. Volgens die Sunday Times-koerant sou die parlement tot ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand per dag vir sittings by die konvensiesentrum kan betaal. Parlementswoordvoerder Moloto Mothapo verwerp die berig en sê hulle ondersoek tans ‘n langtermyn, bekostigbare en haalbare alternatief met genoegsame ruimte om alle lede van die Huis te huisves: