SA-parlement stem op 14 September oor onteiening sonder vergoeding

Die Instituut vir Rasseverhoudings sê Suid-Afrikaners het net meer as ‘n maand oor om ‘n beroep op parlementslede te doen vir die verwerping van die Wetsontwerp op Onteiening. Volgens die instituut gaan die wetsontwerp die land se probleme vererger en dit bedreig die hoop op herstel. Daar gaan glo op 14 September gestem word oor die wetsontwerp, wat die weg baan vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding. Die instituut se woordvoerder, Chris Hattingh, doen ‘n beroep op parlementslede om teen die wetsontwerp te stem: