SA-parlement se branddeure was met hakkies oopgehou

Berigte uit die buurland lei dat ‘n verslag deur die brand-veiligheidspersoneel oor die brand by die Parlement sê die branddeure het hakies gehad wat Sondag gekeer het dat dit tydens die brand toegaan. Die ondersoek se doel is om die oorsaak van die brand vas te stel. Die bevindings is aan Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis en die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, oorhandig. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het bevestig die branddeure was nie gesluit nie en die hakies is gebruik om dit oop te hou.