SA Padvragvereniging bekommerd oor onpadwaardige voertuie

Die Padvrag-vereniging in die buurland versoek dringende optrede teen padgebruikers wat nie aan die reëls voldoen nie na Maandag se kettingbotsing in Umhlanga, KwaZulu-Natal. Sestien mense is beseer toe ‘n vragmotorbestuurder beheer verloor en in byna 50 ander voertuie ingeploeg het op die M41, vermoedelik omdat die remme onklaar geraak het. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, wil ‘n dringende ondersoek hê en sê vervoermaatskappye wat kies om onpadwaardige, gevaarlike voertuie en onbekwame bestuurders te gebruik, moet aanspreeklik gehou word.