SA pa in Nieu-Seeland sê hy vergewe sy vrou ná kinders se dood

Die ortopediese sjirurg Graham Dickason het tydens ‘n waak by hulle nuwe huis in Timaru, Nieu-Seeland, aan mense gesê hy het sy vrou vergewe ná die dood van hulle drie dogters. Lauren Dickason het na bewering verlede week hulle tweeling en ouer dogter verwurg. Die gesin van Pretoria het onlangs geëmigreer. In ‘n brief wat voorgelees is by die kersligseremonie wat deur honderde mense bygewoon is, beskryf Dickason sy vrou as nog ‘n slagoffer van die tragedie. Sy is in hegtenis geneem en word by ‘n psigiatriese fasiliteit aangehou.