SA-owerhede betrap Zambiër met N$1,21m se dwelms

Nes die Namibiese polisie, het Suid-Afrikaanse polisie ook uitdagings met buitelanders wat dwelms die land inbring. Die blitspatrollie in die Sentrale Karoo in die Wes-Kaap het ‘n 38-jarige Zambiese burger in hegtenis geneem in verband met ‘n groot besending Mandrax-tablette en Khat met ‘n gesamentlike straatwaarde van ongeveer 1,21 miljoen Namibiese dollar. Die verdagte sal in die Beaufort-Wes-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel. ‘n Woordvoerder van die polisie, Malcolm Pojie, sê lede het ‘n verdagte vragmotor naby Beaufort-Wes van die pad af getrek: