SA OVK-voorsitter tevrede met kiesopkoms

Die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie het berig 99 persent van die stemlokale het betyds oopgemaak vir vandag se munisipale verkiesing. Die voorsitter, Glen Mashinini, sê die kommissie is tevrede met die kiesersopkoms en kiesers gaan steeds voort om hul stemme uit te bring.