SA: Outa kla oor rybewyse

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê alles van verligting vir mense wat in lang toue moet staan tot die uitroei van korrupsie is slegs leë beloftes deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula. Dit volg na Mbalula se onlangse begrotingstoespraak waarin hy aangekondig het dat hy maatreëls gaan instel om die diens aan die publiek wat rybewyse moet hernu, te verbeter. Dominque Msibi van Outa, sê hulle is nie oortuig deur die bekendstelling en verspreiding van nuwe rybewyskaarte voor die einde van die jaar nie.