SA-opposisiepartye: Cyril moet aanspreeklik gehou word

Opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse Parlement sê ondanks die feit dat hulle onafhanklik is, is daar konsensus oor kwessies, en ‘n breër strategie om die uitvoerende gesag, insluitend President Cyril Ramaphosa, aanspreeklik te hou. Die partye insluitend die DA, EFF, Vryheidsfront Plus, IVP, COPE en UDM het gister bymekaar gekom. Die nege partye sê die doel van die ooreenkoms is bloot om te verseker parlementêre prosesse word optimaal gebruik om Ramaphosa en die uitvoerende gesag tot verantwoording te roep. Dit is veral van toepassing binne die konteks van ’n regerende party wat dikwels sy meerderheid misbruik om aanspreeklikheid te ontduik.