SA onderwys-vakbonde wil vergader oor sosiale afstand in skole

Onderwys-vakbonde in Suid-Afrika het ‘n dringende vergadering met die basiese onderwys-departement versoek oor die kwessie van sosiale afstandhouding in laerskole. Hulle het ‘n gesamentlike verklaring uitgereik na ‘n vergadering om die departement se plan te bespreek om afstandhouding van ‘n meter na ‘n halwe meter te verminder. Die vakbonde sê hulle is nie daaroor geraadpleeg nie. Hulle raai skole aan om voort te gaan met ‘n roterende rooster as hulle nie kan voldoen aan die afstandhouding van ‘n meter nie.