SA netbalspan klop Wallis in Cardiff

Netbal: Suid-Afrika het in Cardiff hulle toetsreeks van twee wedstryde teen Wallis met ‘n oorwinning van 61-44 afgeskop. Afrigter Dorette Badenhorst het besluit om ervare spelers by haar eerste sewe in te sluit en vir die grootste deel van die eerste kwart was dit redelik gelykop. Die Proteas het hulle ritme gevind en in die tweede en derde kwart hulle voorsprong vergroot. Wallis het in die laaste kwart hulle sokkies opgetrek, maar nie genoeg om te wen nie. Die twee spanne takel mekaar weer vandag in die laaste wedstryd van die reeks.