SA munisipaliteite wat nie voldoen aan beurtkrag, dra by tot kragonderbreukings

Eskom sê munisipaliteite wat nie voldoen aan beurtkrag nie, dra by tot die bykomende ure van kragonderbrekings. Die uitvoerende groepshoof vir Verspreiding, Monde Bala, sê die betrokke plaaslike owerhede gaan briewe ontvang. Hy het op ‘n virtuele nuuskonferensie gepraat oor die huidige uitdagings vir die kragstelsel. Bala sê slegs eThekwini en Buffalo City het voldoen aan die beurtkrag-regulasies.