SA monitor situasie in Indië noukeurig

Met vrese dat reisigers uit Indië dalk ‘n oplewing van Covid-19 in Suid-Afrika kan veroorsaak, het die Gesondheidsdepartement in die buurland gesê dat hy die situasie in Indië fyn dophou. Die departement het Suid Afrikaners verseker dat dit reisigers vanuit Indië nou monitor om te verhoed dat die B.1.617-variant van die virus, wat tans die dominante variant in Indië is, Suid Afrika sal bereik.

Fritz Platt, Kosmos 94.1 se korrespondent in Kaapstad .