SA MIV/vigs-statistiek onder jeug skokkend

Ongeveer 1 300 jongmense in KwaZulu-Natal word elke week met MIV besmet. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad het hierdie statistiek op die Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie in Durban onthul. Die raad sê die meerderheid nuwe besmettings is onder meisies en jong vroue tussen 15 en 24. Die koördinerende komiteelid van die raad se burgerlike samelewingsforum, Mabalane Mfundisi, sê daar is ‘n dringende behoefte aan verskerpte pogings tot MIV-voorkoming en opvoeding vir die jeug.