SA misdaadbestrydingsforum versterk polisie-metodologie

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê samewerking met die provinsiale kommissarisse in die nasionale misdaadbestrydings-forum versterk polisie-metodologie om ernstige en geweldsmisdaad in Suid-Afrika te beperk. Hy het Suid-Afrikaners ingelig oor maatreëls wat getref word om die misdaadprentjie in die land te hanteer. Masemola sê polisie-ontleding van misdaadbedreigings en -patrone rig intensiewer ontplooiings na uitgekende probleem-tydperk.