SA minster van finansies is ‘n goewerneur van Nuwe Ontwikkelingsbank

Die Nuwe Ontwikkelingsbank het Suid-Afrika se minister van finansies, Enoch Godongwana, aangestel as een van sy vyf goewerneurs. Dit is terugwerkend tot 17 Augustus, twee weke nadat President Cyril Ramaphosa hom aangewys het as Tito Mboweni se opvolger. Die bank se raad van goewerneurs bestaan verder uit die ander vier Brics-lidlande se ministers van finansies – China, Rusland, Indië en Brasilië. Die bank het die nuus op die aandelebeurs se nuusdiens gedeel.