SA ministers oor die vingers getik oor Phala Phala-uitlatings

Die presidensiële woordvoerder in die buurland, Vincent Magwenya, sê kabinetsministers moet hulle inhou in die aanloop tot die ANC se Desember-konferensie. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu en die adjunkminister van openbare ondernemings, Phumulo Masualle, het gevra President Cyril Ramaphosa moet  opsystaan terwyl die ondersoek oor sy Phala-Phala-plaas aan die gang is. Magwenya sê die President is maar al te bewus daar is ‘n tydperk van woelinge binne die regerende party. Hy voeg by ministers behoort te weet ondersoeke moet toegelaat word om hul gang te gaan voor enige uitsprake gemaak word.