SA minister van internasionale betrekkinge besoek Singapoer 

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge Naledi Pandor, is tans op ‘n tweedaagse besoek aan Singapoer wat vandag begin. Dit is om multi- en bilaterale samewerkings-kwessies van gemeenskaplike belang te bespreek. Pandor sal na verwagting ook verskeie regerings- en sakeondernemings-entiteite toespreek en met hulle oorleg pleeg. Dit sluit in die Nasionale Navorsing-stigting en die Singapoerse Instituut van Tegniese Onderwys. Die oogmerk is samewerking en die uitruiling van vaardighede-ontwikkeling tussen Suid-Afrika en Singapoer.