SA minister in die Presidensie neem Staatsveiligheidsagentskap oor

Die Suid-Afrikaanse minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, gaan politieke verantwoordelikheid neem vir die beheer en rigtinggewing van die Staatsveiligheidsagentskap. Volgens die Presidensie is dié stap in lyn met President Cyril Ramaphosa se aankondiging op 5 Augustus verlede jaar dat daar weggedoen gaan word met die ministerie van staatsveiligheid, met politieke verantwoordelikheid vir die Staatsveiligheidsagentskap wat voortaan in die Presidensie sal setel. Zizi Kodwa sal aanbly as adjunkminister van staatsveiligheid.