SA Menseregtekommissie sê verpligte inenting is laaste uitweg

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê verpligte Covid-19-inentings moet slegs as laaste uitweg gesien word. Die organisasie het sy mening oor die kwessie bekend gemaak en sê hy ondersteun die inenting van almal in die land wat kwalifiseer. Hy voeg egter by hy is nie oortuig alles moontlik is tot dusver gedoen om mense op te voed oor die werking van inentings om hulle te oortuig om vrywillig ingeënt te word nie. Dit geld veral vir die regering.