SA-leerders moet in eie taak kan leer

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, sê geen taal moet voorrang geniet by ʼn skool nie. Hy het gepraat by die bekendstelling van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette en bygevoeg die wetsontwerp is gemik op radikale wysigings en die geleentheid om ander tale in skole te onderrig. Lesufi sê dis ook gemik op regverdige en betekenisvolle toegang tot onderwys. Die LUR sê die DA wil dit verhinder en verset hulle teen die wetgewing.