SA landbouminister optimisties oor Angola-bande

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, is optimisties oor die versterking van betrekkinge tussen Suid-Afrika en Angola na sy ontmoeting met die Angolese president, João Lourenço, by die Uniegebou in Pretoria. Steenhuisen sê besprekings was toegespits op die uitbreiding van landbouhandel en die ondersteuning van kleinboere, en stappe word ontwikkel teen klimaatsverandering. Hy wys op die belangrikheid van samewerking op die vasteland vir volhoubare landbou en om ekonomiese groei regoor Afrika te bevorder.