SA landboudepartement sleep voete met betaling van sprinkaanbeheerders

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement sleep na bewering voete met die betaling van spanne boere wat aangestel is om sprinkane in dele van die Karoo te beheer. Miljarde sprinkane het verlede jaar gebiede soos Middelburg, Cradock en Graaff-Reinet geteister. Volgens berigte het die departement meer as 60 miljoen rand bestee om die swerms te beheer, maar sommige boere is na bewering steeds nie betaal nie. Intussen voorspel kenners nog sprinkane kan reeds volgende maand uitbroei en omdat spanne wat die swerms moet beheer huiwerig is om te werk, is groot distrikte waar mielies verbou word in gevaar.