SA-kopieregwet skend blindes se regte

Die Suid-Afrikaanse Kopieregwet van 1978 is ongeldig aangesien die regte van blinde mense geskend is. Dit is luidens ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria. Die verouderde Kopieregwet het in die verlede dinge byna onmoontlik gemaak vir blindes of siggestremdes. Die aktiviste-organisasies, BlindSA en Section 27, het die saak voor die hof gebring. Die hof het beslis die huidige Kopieregwet is ongeldig en ongrondwetlik omdat dit mense met visuele gestremdhede beperk of verhinder om toegang tot publikasies onder Kopiereg in leesformaat te bekom.