SA Kommunisteparty tevrede met nuwe energieminister

Die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Solly Mapaila, sê intussen die aanstelling van Kgosientso Ramakgopa as minister van elektrisiteit word wyd verwelkom. Mapaila sê dié gewese burgemeester van Tshwane is die regte persoon om die land se energiekrisis te bestuur.